|
|

ANDER
LITERATUUR, DVD’S, CD'S EN VLAE
‘n Aantal boeke,
DVD’s, CD's en vlae wat met ons geskiedenis, ons vryheidstrewe en sake
van
aktuele belang verband hou, en wat nie by bekende uitgewers uitgegee is
nie, word deur Suidland Media te koop aangebied. Besonderhede
is soos volg:
BOEKE
|
·
Bloedrivier
: Stem uit die Verlede, Taak vir die Hede, Hoop vir die Toekoms deur
F J Strauss en Prof
A D Pont
In die boekie van
23 bladsye word die betekenis van die Slag van Bloedrivier kortliks
verduidelik. Dit het reeds in 1986 verskyn maar is nog steeds
aktueel.
|
R20 |
| |
|
|
·
Betekenis
van die Tweede Vryheidsoorlog deur Dr J H Breytenbach
‘n Beknopte,
lewendige uiteensetting van die betekenis wat hierdie geweldige
gebeurtenis vir hedendaagse Afrikaners inhou. Dit is
terselfdertyd ‘n kernagtige samevatting van die hele
vryheidsgeskiedenis van ons volk.
Gelamineer met 56
bladsye.
|
R35 |
| |
|
|
·
Boereverraaiers:
Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog deur Albert Blake
‘n Deeglike,
diepgaande en objektiewe studie van die verskynsel van verraad tydens
die Anglo-Boereoorlog en die uitwerking daarvan op ons volk se psige.
Gelamineer met 351 bladsye
|
R220 |
| |
|
|
·
Die
Vryheidstryd van die Afrikanervolk : Vanaf volksplanting tot
volksversaking deur Dr P W Möller
Hierdie boek van
412 bladsye, met gelamineerde omslag, is die beste samevatting van ons
vryheidstryd wat daar tans in boekwinkels beskikbaar is. Min
boeke het dieselfde potensiaal om Afrikaners tot ‘n besef van hulle
ware identiteit te bring as hierdie boek. Dit behoort die
kern te vorm van Afrikaners se kennis van die geskiedenis.
|
R150 |
| |
|
|
·
Voor
Vrijheid en voor Recht: ‘n Chronologie van die Tweede Vryheidsoorlog
van die Boere-Republieke teen Groot-Brittanje, 1899 – 1902.
Hierdie boek is
deur die Swartland Boere-Oorlog Herdenkingskomitee uitgegee as die
komitee se bydrae tot die geskiedskrywing oor die Tweede Vryheidsoorlog
en ter delging van sy herdenkingsuitgawes. Dit bevat ‘n
dag-tot-dag-verslag van die oorlog en is die enigste publikasie van
hierdie aard in Afrikaans.
Benewens die
dag-tot-dag verslag bevat dit ook ander waardevolle inligting, soos die
name van die Boere-Generaals, die Afrikanervolksliedere en die
geskiedenis van ons vernaamste vryheidsvlae. Dit is ‘n unieke
en waardevolle naslaanboek. Die boek is in drie uitgawes
gepubliseer, naamlik:
-
‘n
Standaarduitgawe (gelamineerde
omslag) R180
- ‘n
Genommerde
kunsleerband
R500
-
‘n
Spesiaal-genommerde
egte-leerband
R2 500
Die inhoud van
hierdie boek is inderdaad ‘n waardige huldiging van die voortreflike
groep manne en vroue wat die wêreld honderd jaar gelede in verwondering
gehad het.
Elke eienaar van
so ‘n boek sal dit met trots kan vertoon. Die aanskaffing van
die boek sal inderdaad ‘n gepaste wyse wees waarop elke individuele
Afrikaner sy peroonlike dankbaarheid kan toon vir die kosbare erfenis
wat ons voorgeslagte deur hulle offers en hulle skeppende werk vir ons
nagelaat het. Dit sal ook ‘n kosbare nalatenskap aan u
kinders wees.
Slegs enkele
eksemplare is nog beskikbaar.
|
|
| |
|
|
·
Waarheid
en Wysheid – Deel 1 deur Prof J J Pienaar
Hierdie boek van
237 bladsye met gelamineerde omslag handel oor aktuele kwessies op alle
terreine van ons
volkslewe.
|
R150 |
DVD’S
& CD'S
ONS
GESKIEDENIS IN KLANK EN BEELD
Elke mens tree op in ooreenstemming met die
begrip wat hy van sy eie identiteit het en sy identiteit word grootliks
gevorm deur sy verlede. As hy sy geheue verloor, sal hy ook sy
identiteit verloor en sy vermoë om die toekoms te betree. Net so is dit
ook met ‘n volk. ‘n Volk se geheue is sy geskiedenis en as hy sy kennis
van sy geskiedenis verloor, verloor hy sy identiteitsbewussyn en sy
vermoë om ‘n toekoms vir sy nageslag te skep. ‘n Volk sonder
geskiedenis is ‘n sterwende volk.
Dit is besig om met ons volk te
gebeur. Deur ‘n berekende en ge-orkestreerde veldtog van verduistering
en verdraaiing van ons geskiedenis, wat oor meer as vier dekades strek
en nog steeds voortgaan, is ons grootliks van ons identiteitsbewussyn
beroof en gaan ook van ‘n toekoms beroof word as ons nie die gepaste
aksie daarteen neem nie. Dit is waaroor hierdie projek handel.
ERFENISBEWARING
DEUR MODERNE TEGNOLOGIE
Ons volk moet ingelig word oor
die ware feite van ons geskiedenis. Deur die benutting van moderne
tegnologie is ons nou in staat om die geskiedenis meer toeganklik te
maak, veral vir die kinders van ons volk. Ons kon video-opnames bekom
van films oor volkshelde, volksleiers en belangrike gebeurtenisse in
ons geskiedenis en daarvan het ons DVD’s en CD's gemaak. In sommige
gevalle was
dit reeds in DVD- en CD-formaat. Dit word nou aan die publiek
beskikbaar
gestel.
HISTORIESE ERFENIS
IN ELKE AFRIKANERHUIS
Die projek is primêr gerig op die
bewaring van ‘n kosbare historiese erfenis waardeur ons weer tot ‘n
ontdekking van ons ware identiteit kan kom. So kan ons die arendsvlerke
sprei waarmee God ons begenadig het en wat ons moet benut om ‘n toekoms
vir ons nageslag te skep, soos wat ons voorgeslagte dit vir ons geskep
het. President Kruger het gesê: Neem uit die verlede wat
mooi en edel is en bou die toekoms daarop. Winston Churchill
het blykbaar iets hiervan begryp toe hy jare later gesê het: Hy
wat die diepste in die verlede kan inkyk, kan die verste in die toekoms
insien.
Soos reeds gesê is die projek nie
primêr ingestel op wins nie, maar om inligting aan die volk te verskaf.
Daarom bied ons die materiaal teen baie verlaagde pryse aan. Persone
wat
graag van die materiaal wil bekom, maar dit selfs teen hierdie lae
pryse nie kan bekostig nie, kan met ons skakel vir verminderde pryse.
So ook persone wat graag groter hoeveelhede wil bestel. Blywende
bewaring van hierdie erfenis sal eers
waarlik suksesvol wees as hierdie DVD’s en CD's hul weg tot in elke
Afrikanerhuis gevind het. Hou net in gedagte dat daar beperkinge op die
tegniese kwaliteit van sommige van die items is; vandaar die lae pryse
daarvan.
TOEKOMSGERIGTHEID
Deur u ondersteuning aan hierdie
projek kan u ‘n konkrete, opbouende en positiewe bydrae tot die
bewaring van ‘n besondere erfenis en die skepping van ‘n toekoms vir
ons kinders lewer. Die projek is veral gerig op die oordrag van
historiese kennis aan ons kinders. ‘n Kind sal baie eerder na ‘n DVD
kyk of 'n CD luister as om ‘n geskiedenisboek te lees. ‘n Mens sal ook
skaars aan ‘n
beter geskenk van een Afrikaner aan ‘n ander een kan dink.
Ons het ook voorsiening gemaak
vir diegene wat deur die kyk van hierdie materiaal geprikkel word om
meer
kennis te bekom oor die onderwerpe waaroor dit handel. Elders op
hierdie webtuiste is besonderhede van boeke wat daaroor gelees kan word.
VOLLEDIGE
BESONDERHEDE VAN DVD’S EN CD'S TE KOOP
|
ALGEMENE
GESKIEDENIS
|
DVD/CD |
PRYS |
|
|
R |
|
|
|
| Bringers
van die Lig ('n
Verhoogstuk oor die lewe van Jan en Maria van Riebeeck en hulle gesin,
onder leiding van Isabelle Steenkamp met Peter Bredenkamp in die
hoofrol) |
CD |
60 |
| | | |
| Die Bou van ‘n Nasie (Algemene geskiedenis, gedeeltelik
in dokumentêre en gedeeltelik in dramavorm) |
DVD |
70 |
| | | |
|
Grepe
uit SA Volksgeskiedenis (‘n Reeks van 3 DVD’s wat handel oor die
Afrikanervolk se geskiedenis, waarby Die Bou van 'n Nasie
ingesluit is)
|
DVD |
Reeks 180 |
| | | | | Van Volkstigting tot Volksrepubliek ('n
Hoorbeeld oor die geskiedenis van die Afrikanervolk, bestaande uit
historiese vertellings, afgewissel met drama. Baie geskik vir jong
kinders.) (Agt CD's van ± 6 ure in totaal) | CD | Reeks 400 | | | | | | Doringboomverhale (Vertellings oor verskeie volkshelde met bypassende byklanke, hoofsaaklik gerig op kinders) | CD | 100 | | | | | | Die Wortels van Afrikaans (Die invloed wat verskillende tale op die vorming van Afrikaans uitgeoefen het) | CD | 100 |
| | | | | | | |
|
DIE GROOT
TREK
|
|
|
| | | | | | | |
|
Geknelde Land (‘n
Reeks van 5 DVD’s, gebaseer op F A Venter se boek met dieselfde titel, in
dramavorm)
|
DVD |
Reeks 280 |
| | | |
|
Uit die Dagboek van Rudolf
Dreyer (‘n Toneelstuk oor Rudolf Dreyer, die hoofkarakter
in die boeke Geknelde Land, Offerland en
Gelofteland van FA Venter, aangevul met beeldmateriaal uit verskeie
films)
|
DVD |
50 |
| |
|
|
| Die Voortrekkers ('n Dokumentêre film oor die Voortrekkergeskiedenis, gedeeltelik in dramavorm) | DVD | 70 | | | | |
|
Die Slag van Bloedrivier (‘n
Dokumentêre film oor die verloop van die Slag van Bloedrivier)
|
DVD |
70 |
| | | |
|
Die Vegkop Gedenkterrein (‘n
Dokumentêr oor die gedenkterrein naby Heilbron waar die slag
van Vegkop tussen die Voortrekkers en Matabeles in Oktober 1836 plaasgevind
het. Enkele verwysings na die veldslag self kom ook voor)
|
DVD |
50 |
| | | | | | | |
|
EERSTE
VRYHEIDSOORLOG
|
|
|
| | | | | | | |
|
Majuba, Heuwel van die
Duiwe (Die Slag van Majuba, in dramavorm)
|
DVD |
70 |
| | | |
|
Vannag gaan ek Majuba
beset (Die Eerste Vryheidsoorlog en die Slag van
Majuba, in dokumentêre vorm)
|
DVD |
50 |
| | | | | | | |
|
TWEEDE
VRYHEIDSOORLOG
|
|
|
| | | |
| |
|
|
| Ohm Kruger ( President
Kruger, Brittanje en die Tweede Vryheidsoorlog, in Duits) |
DVD |
70 |
| | | | | Paul Kruger (Die lewensverhaal van President Kruger, gedeeltelik in drama- en gedeeltelik in dokumentêre vorm) | DVD | 70 | | | | |
|
Genl Christiaan de
Wet (‘n Dokumentêre film oor die lewe van Genl de
Wet)
|
DVD |
70 |
| | | |
|
Danie Theron (Die
lewe van Danie Theron in dramavorm)
|
DVD |
70 |
| | | |
|
Gideon
Scheepers (Die lewe van Gideon Scheepers in
dramavorm)
|
DVD |
70 |
| | | | | Verskroeide Aarde ('n
Dokumentêr oor die verwoesting wat die Britte tydens die Tweede
Vryheidsoorlog aangebring het en die lyding van vroue en kinders in die
konsentrasiekampe word nou deur Suidland Media aan die publiek te koop
aangebied. Daar kan mense wees wat aanstoot neem aan sommige van die
kommentaar. Die waarde van die DVD lê egter in die historiese feite wat
gegee word) | DVD | 140 |
| | | |
|
Teregstelling van
Boereverraaiers tydens die Anglo-Boereoorlog (‘n Dokumentêr
oor die verskynsel van verraad tydens die
Anglo-Boereoorlog en die uitwerking daarvan op
die psige van ons volk)
|
DVD |
140 |
| | | |
|
Die Slag van
Magersfontein (Die Slag van Magersfontein, gedeeltelik in
dramavorm en gedeeltelik in dokumentêre vorm)
|
DVD |
140 |
| | | |
|
Konsentrasiekampe van die
Tweede Vryheidsoorlog (Die regisseur en kameraman
Rudie Rousseau is besig met ‘n dokumentêre reeks
oor die konsentrasiekampe wat tydens
die oorlog bestaan het)
Die volgende titels het reeds verskyn:
|
|
|
| | | |
| - Bethulie Konsentrasiekamp |
DVD |
50 |
| - Brandfort Konsentrasiekamp | DVD | 50 |
| - Doornbult Konsentrasiekamp |
DVD |
50 |
| - Heidelberg Konsentrasiekamp | DVD | 50 |
| - Heilbron Konsentrasiekamp |
DVD |
50 |
| - Irene Konsentrasiekamp |
DVD |
50 |
| - Klerksdorp
Konsentrasiekamp |
DVD |
50 |
| - Kroonstad Konsentrasiekamp |
DVD |
50 |
| - Krugersdorp Konsentrasiekamp | DVD | 50 | | - Norvalspont Konsentrasiekamp | DVD | 50 |
|
- Die Nylstroom
Konsentrasiekamp
|
DVD |
50 |
| - Potchefstroom Konsentrasiekamp |
DVD |
50 |
|
- Die
Springfontein Konsentrasiekamp
|
DVD |
50 |
| - Turffontein Konsentrasiekamp | DVD | 50 | | - Vredefortweg Konsentrasiekamp | DVD | 50 |
| | | |
| The Boer War (‘n
Dokumentêre film oor die algemene verloop van die Tweede Vryheidsoorlog) |
DVD |
70 |
| |
|
|
|
Emily Hobhouse (‘n
Tweespraak waarin die rol wat Emily Hobhouse gespeel het om die lyding
van vroue en kinders in die konsentrasiekampe te versag uitgebeeld
word, aangevul met beeldmateriaal. Dit is gesien uit Britse oogpunt en
aanvullend tot die bestaande dokumentêr)
|
DVD |
70 |
| | | | | That English Woman (Die verhaal van Emily Hobhouse in dokumenêre vorm) | DVD | 70 | | | | |
|
Sons of the Blood (Vertellings
deur Boere- en Britse veterane van die Tweede Vryheidsoorlog
oor hulle deelname aan gevegte en oor die oorlog in die algemeen,
aangevul deur beeldmateriaal)
|
DVD |
70 |
| |
| Strangers at Sunrise ('n Drama waarin die teistering van 'n Boerefamilie deur Engelse soldate uitgebeeld word) | DVD | 70 | | | | | | Die Ruiter in die Nag ('n Drama gebaseer op die roman van Mikro) | DVD | 70 | | | | |
|
Veldslag (‘n
Drama waarin die lewe op 'n Vrystaatse dorpie tydens die oorlog
uitgebeeld word)
|
DVD |
70 |
| | | | | Sarie Marais ('n Liefdesverhaal in dramavorm) | DVD | 70 | | | | |
|
Die Vredesonderhandelinge (‘n
Drama waarin die verloop van die vredesonderhandelinge te
Vereeniging in 1902 uitgebeeld word)
|
DVD |
70 |
| | | |
|
Boere-oorlogherdenking
(Malmesbury, 26 Februarie 2000) (Reeks van 5 DVD’s)
|
|
|
|
- Verrigtinge
|
|
|
|
- Erediens – Ds AS
Benecke
|
|
|
|
- Herdenkingsrede – Mnr
Jaap Marais
|
|
|
|
- Lewensskets van Genl
Manie Maritz deur sy seun Manie Maritz
|
|
|
|
- Skyfiereeks oor ons
geskiedenis – Dirk Theron
|
DVD |
Reeks 280 |
| | | | | Ons vir Jou (Die
klankbaan van die musiekspel Ons vir jou, gefokus op die betrokkenheid
van die De la Rey-gesin by die Tweede Vryheidsoorlog) | CD | 120 | | | | | | Kommandeer, Kommandeer ('n Keurspel van vrolike volksliedjies uit die Tweede Vryheidsoorlog) | CD | 60 | | | | | | | | |
|
TWINGTIGSTE
EEUSE GESKIEDENIS
|
|
|
| | | | | | | |
|
Die dood van Genl Koos de
la Rey (‘n
Drama oor die dood van Genl de la Rey)
|
DVD |
70 |
| | | |
|
Jopie Fourie (Die
verhaal van Jopie Fourie in dramavorm)
|
DVD |
70 |
| | | |
| Bart Nel (‘n
Drama oor die 1914- rebellie) |
DVD |
70 |
| |
|
|
|
Verspeelde Lente (‘n
Drama wat afspeel teen die agtergrond van die armoedetydperk
van die Afrikanervolk tydens die dertigerjare van die vorige eeu)
|
DVD |
70 |
| | | | | Die Siel van die Mier ('n Reeks van 5 DVD's oor die lewe en werk van die digter en wetenskaplike Eugene Marais) | DVD | Reeks 280 | | | | |
|
Africa Addio (‘n
Dokumentêre film oor wreedhede teen mens en dier in Afrika)
|
DVD |
70 |
| | | | | Sy Doodkry was nie ('n Dokumentêre film oor die geskiedenis van die Herstigte Nasionale Party vanaf sy stigting in 1969 tot 2009) | DVD | 100 | | | | |
|
The Assassination of
Verwoerd (Die sluipmoord op Dr Verwoerd in dokumentêre vorm)
|
DVD |
70 |
| | | |
|
Ongetwyfeld die Kampioene (n
Dokumentêre film oor Suid-Afrika se grensoorlog, met beeldmateriaal
en inligting oor militëre operasies en verskeie bekende gevegseenhede)
|
DVD |
70 |
| | | | | Die Ware Feite van ons Geskiedenis (Mnr
Jaap Marais stel die ware feite van ons geskiedenis teenoor die
"waarheid" van die Waarheids- en Versoeningskommissie ten tye van die
vrystelling van die verslag. 'n Kragtige verwysingsraamwerk vir die
beoordeling van die sogenaamde "onregte van apartheid" en 'n
verdediging van die hoë morele erfenis wat aan ons nagelaat is) | CD | 2 vir 100 |
| | | | | | | |
|
KONTEMPORÊRE
GEBEURE
|
|
|
| | | | | | | | | Diefstal van Afrikanerskinders se Harte en Verstand ('n
Dokumentêr oor die wyse waarop onderwys in staatskole aangewend word om
Afrikanersgeskiedenis, -kultuur en -godsdiens te ondermyn) | DVD | 50 | | | | |
|
Eugène TerreBlanche –
Begrafnis (‘n Video-opname tydens die begrafnis)
|
DVD |
50 |
| |
|
|
| |
|
|
VLAE
VAN ONS VOLK
Die
vryheidsdrang, tesame met ons volk se verbondenheid aan God, loop soos
‘n goue draad deur ons geskiedenis en word weerspieël in die kleure van
die vlae van ons volk. Hieronder is ‘n kort opsomming van die
belangrikste vlae soos dit uit die beskikbare historiese getuienis na
vore kom. In ons volk se geskiedenis was daar altesaam 15
republieke. Almal was nie volwaardige republieke met
ontwikkelde staatsinstellings nie, maar hulle was vrye gemeenskappe wat
hulleself op ‘n ordelike wyse geregeer het. Die vlae vertel
die verhaal van die vryheidstryd van ons volk.
VLAE
UIT DIE AFRIKANERVOLK SE GESKIEDENIS
| 1.
Prinsevlag
|
|
| 2.
Hugenotevlag
|
|
| 3.
Duitse (Pruisiese) vlag
|
|
| 4. Bataafse
Vlag
|
|
| 5.
Republiek van Graaff-Reinet |
(1)
1795
|
|
| 6. Republiek
van Swellendam |
(2)
1795
|
|
| 7. Republiek
van Natalia |
(3)
1840
|
|
| 8. Republiek
van Potchefstroom |
(4)
1841
|
|
| 9. Republiek
van Soutpansberg |
(5)
1843
|
|
| 10. Republiek van Winburg |
(6)
1845
|
|
| 11. Republiek van Lydenburg |
(7)
1845
|
|
| 12. Republiek van Utrecht |
(8)
1848
|
|
| 13. Zuid-Afrikaanse Republiek |
(9)
1852
|
|
| 14. Republiek van die
Oranje-Vrystaat |
(10) 1854
|
|
| 15. Republiek van Lydenburg |
(11) 1857
|
|
| 16. Republiek van Goosen |
(12) 1882
|
|
| 17. Republiek van Stellaland |
(13) 1882
|
|
| 18. Nieuwe-Republiek (Vryheid) |
(14) 1884
|
|
| 19.
Oorlogsvlag
|
|
| 20.
Verkennersvlag
|
|
| 21. Republiek van Suid-Afrika |
(15) 1961
|
|
| 22.
Kaapse Rebellevlag
|
|
VLAE TE KOOP
Die vertoning van
volksvlae versterk die identiteitsbewusseyn van ‘n volk en bevorder
volkstrots. Daarom word volksgenote aangemoedig om die vlae
aan te skaf en te vertoon. Al die bogenoemde vlae is op
bestelling beskikbaar by Suidland Media. Pryse wissel na
gelang van die grootte en die vorm van vlae. Hieronder volg
voorbeelde van enkele bekende vlae.
|
NAAM VAN VLAG
|
TIPE
|
GROOTTE IN CM
|
PRYS
R
|
Vierkleurvlag
|
Stormvlag
|
90 x 60
|
300
|
|
|
Standaardvlag
|
180 x 120
|
500
|
|
|
Seremoniële vlag
|
270 x 180
|
640
|
Vrystaatse
vlag
|
Stormvlag
|
90 x 60
|
350
|
|
|
Standaardvlag
|
180 x 120
|
550
|
|
|
Seremoniële vlag
|
270 x 180
|
670
|
Kaapse
Rebellevlag
|
Stormvlag
|
90 x 60
|
300
|
|
|
Standaardvlag
|
180 x 120
|
500
|
|
|
Seremoniële vlag
|
270 x 180
|
640
|
Ou
RSA-vlag
|
Stormvlag
|
90 x 60
|
340
|
|
|
Standaardvlag
|
180 x 120
|
540
|
|
|
Seremoniële vlag
|
270 x 180
|
780
|
Vlae is
beskikbaar met ‘n langwerpige sakkie waarin ‘n vlagstok gesteek kan
word of met ‘n toutjie en ‘n houtstafie om dit aan ‘n vlagpaal te
hang. Dui asseblief u keuse aan met die woorde Sakkie
of Toutjie.
BESTELLINGSPROSEDURE
Gebruik asseblief
die vormpie onder die afdeling bestellings
om bestellings te plaas of doen dit per e-pos, faks of telefoon.

PIKETBERG
Adres: Langstraat
101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022) 913
2353/913 2391 |
Faks: (022) 913
1482 |
Sel: 082 493
3785
E-pos: suidland@lantic.net
|