|
|
|
|
BIENEDELL UITGEWERS September 2009
“Ek vind televisie baie leersaam. Elke keer as iemand die stel aanskakel, gaan ek in die kamer langsaan om ʼn boek te lees.” Groucho Marx
Boeke is bestelbaar oor die pos,
per e-pos, per faks, telefonies
|
Gebruik as titel van u bestelling
“Pryslys September 2009 ” gevolg deur die nommers van die boeke en die totale bedrag verskuldig sowel as u
adresbesonderhede ens. Ons sal binne 48 uur ontvangs van die bestelling erken. |
Alternatiewelik kan u die boeke wat u verlang onderstreep en die pryslys
(of ’n fotostaat daarvan) met die betaling aan bostaande posadres stuur.
Inbetalings
vir boekaankope kan gemaak word in die rekening van by ABSA takkode 509045 of L W Bienedell, FNB, spaarrekening no. 62125893059 by FNB takkode 251545 Gezinatak |
1. Ons Geskiedenis deur JP Botha, 243 bls. Slapband. R120. In hierdie werk word die geskiedenis van Suid Afrika van die afgelope drie eeue in n verhalende en boeiende trant weergegee. Alhoewel die boek n relatiewe kort relaas oor die geskiedenis van Suid Afrika bevat, in vergelyking met ander bestaande lywige bundels, verskyn daar op verskeie plekke interessante gegewens wat nie in ander geskiedenisboeke voorkom nie. R120
2. Ras, Volk en Taal – Opstelle Oor Ons Indo-Europese en Germaanse Voorgeskiedenis en Identiteit deur Mike Du Toit, 326 bls. Sagteband. Die skrywer het in diepte navorsing gedoen oor die rol wat ras, volk en taal oor duisende jare gespeel het in die vorming van die wit ras en ook die Afrikaner of Boerevolk soos hy vandag daaruit sien. R180
3. Vryheidstryd van die Afrikaner vanaf volksplanting tot volksversaking deur dr Pieter Möller. 431 bls., sagteband. Die boek oorspan die hele geskiedenis van die Afrikanervolk vanaf 1652 tot 1999. Ofskoon die boek deur ‘n historikus, op ‘n feite-getroue wyse geskryf is, lees dit lekker vloeiend en is dit baie interessant. R120
4. Drie Eeue van Onreg deur Dr JP Botha, 230 bls. Botha verskaf ʼn geskiedkundige oorsig oor die stryd van ʼn vyandelike wêreld teen die Afrikaners word, eers deur die VOC en toe deur die Britte. R80
5. Generaal JCG Kemp en die epiese Woestyntog deur MCE van Schoor. 376 bls, 30 fotos, met een groot oopvou kaart. Gedurende die Rebellie van 1914-1915 vind een van die merkwaardigste episodes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis plaas. Genl. Jan Kemp en sy Rebellekommando van 600 man pak ‘n uitmergelende tog deur die Kalahariwoestyn aan om aansluiting te probeer vind by genl. Manie Maritz. Die tog, wat op 2 November 1914 begin het, sou haas onbeskryflike eise aan mens en dier stel. Siener van Rensburg speel ‘n prominente rol maar sy raad word nie altyd aanvaar nie, met nadelige gevolge. Na 700 km bereik die kommando op 29 November die Duitswes-Afrika-grens by Nakop, raak by Nous, Lutzputs en Upington met die Regeringsmagte slaags. R180
6. Die Rebellie van 1914 (5 skrywers) In hierdie boek word die ses hooffigure van die 1914-15 rebellie behandel, nml Generaals De Wet, De la Rey, Beyers, Kemp, Maritz en Kommandant Jopie Fourie. Siener van Rensburg speel ook n belangrikke rol. 1996 gepubliseer. R50
7. Rebellie-Sketse deur P .H. S Boshoff, 133 bls. In die boek word die wedervaringe van Rebelle uit die 1914 Rebellie, feitlik in ʼn ooggetuieverslag weergegee. Boshoff het ook ʼn belangrikke aandeel in die rebellie gehad. R75
8. Woorde, Waarhede en Wyshede vir Ons Tyd. Sowat
800 aanhalings deur staatsmanne, filosowe, historici en skrywers
wat strek oor 3000 jaar, saamgestel deur LW Bienedell. R40
9. Die Vierkleur Wapper Weer – Die visioene van Siener van Rensburg, deur prof. AWG Raath en Nellie van Zyl, 480 bls. Sagteband. R170
10. Afrika-styl Vryheid Demokrasie en Menseregte deur LW Bienedell. 90 bls. Die toepassing van demokrasie en menseregte in 10 Afrikastate word bespreek aan die hand van werklike voorvalle en gebeure in dié lande. R50
11. ROOI JAN 1 boeke nommers een tot vier, gebind in een boek. R170
12. ROOI JAN 2 boeke nommers vyf tot agt, gebind in een boek. R170
13. ROOI JAN 3 boeke nommers nege tot twaalf, gebind in een boek. R170
14. Kos en Kookkuns A4 grote slapband boek, 280 bls met meer as 2000 resepte van tradisionele Suid Afrikaanse geregte wat die hele spektrum dek. R80.
15. Voedselpreservering - Alles wat u wil weet van voedselpreservering, 129 bls, A4 grote boek, hardeband gebind in kunsleer. R160
16. Seepresepte deur Sarie Maree, 18 bls. Die boek bevat 43 resepte om seep te maak. R30
17. Die Skiet Eerste en Bly Lewe Skietkursus 80 bls. met 81 stap vir stap fotos wat toon hoe u uself kan oplei om ʼn gedugte handwapen skut te word. Die boek dien ook as handleiding vir skietinstrukteurs. R50
18. Veg vir jou Lewe – ʼn Kurses in ongewapende selfverdediging vir dames, 80 bls 120 stap vir stap fotos. R30
19. Kort Begrip van Openbare Redevoering deur Johan Bekker,48 bls. In hierdie boek word ondermeer spraakkuns tegnieke, toespraak konstruksie, stemgebruik, liggaamstaal, emosie, humor, die gebruik van notas, algemene foute van sprekers ens. Behandel. R60
20. Wildboerdery deur Kallie Du Preez, A5, sagteband, 36 bls. Du Preez het diens gedien as ʼn Senior Natuurbewaarder en Eerste Nutuurbewaarder in die Etosha Wildtuin in Suidwes Afrika. Vriende het hom gevra om sy ondervinding te boek te stel wat hy in meer as dertig jaar in die wildbedryf opgedoen het. Sake wat hy bespreek is migrasie, wild en sy waarde, habitat, veldbenutting en bosindringing, veldbrande, droogtes, benutting van wildsprodukte, oes van wild, wildsiektes ens. Die boek is in eenvoudige taal geskryf en is prikkelende leesstof vir enigeen wat in die natuur belangstel. R40
21. Kalahari Mac deur Freddie Macdonald Deel 1, 148 bls. Hierdie boek is die eerste in die Kalahari Mac reeks en handel oor die skrywer, as penkop, se aandeel in die Tweede Vryheidsoorlog. R80
22. In die Veld Teen Marengo, Kalahari Mac Deel 2, 184 bls. In 1904, op vyftienjarige leeftyd sluit Kalahari Mac as vrywilliger by die Duitse leer in Duits-Wes aan en neem deel aan verskeie aksie belaaide veldtogte teen Marengo,“ ʼn kommandant van die Hotnots.” R80.
23. Agter die Skerms met die Rebelle, Kalahari Mac Deel 3. Met die uitbreek van die Eerste Wêreld Oorlog, sowel as die Rebellie van 1914 – 15 in Suid Afrika, het Kalahari Mac hom by genl. Manie Maritz se magte aangesluit. Die rebelle was verplig om na Duits Wes uit te wyk. Na die oorgawe van die Duitse leer moes die rebelle nog verder vlug. R80
24. Op Vlug Deur Donker Afrika, Kalahari Mac Deel 4, 176 bls. Die handjie vol rebelle wat nie wou oorgee nie is in Angola gejag deur wilde swartes voordat hulle die beskawing kon bereik. Uiteindelik is hulle na Portugal gedeporteer R80
25. Twaalf jaar as Banneling. Tydens die Eerste Wereldoorlog is Kalahari Mac en sy vriende na Portugal gedeporteer. Na die oorlog kon hulle nie na Suid Afrika terukeer nie omdat hulle van hoogverraad aangekla kon word, gevolglik het hulle vir twaalf jaar lang in verskeie Europese lande as bannelinge rondgeswerf voordat hulle uiteundelik na hul vaderland teruggekeer het. R80
26. Fanie Word Grootwildjagter 202 bls. R120
27. Fanie se Vuurdoop 174 bls. R120
28. Fanie se Veldskooldae 223 bls. R120
29. Van Jagter tot Wildliefhebber 192 bls. R120
30. Op die Groot Spore 145 bls. R120
31. Uit die Dagboek van n Wildbewaarder 210 bls. R120
32. Waar ver Winde Waai 252 bls. R120
33. Drie Jong Jagters 175 bls. R120
34. Die Swerwer Jagter 158 bls. R120
35. Die Konsentrasiekamp van Irene deur Johanna Brandt, 112 bls. Die besonderse boek handel oor Johanna Brandt se verblyf in die Irene konsentrasiekamp. As verpleegster het sy gepoog om die lot van die gevange vrouens en kinders te verlig. Die boek het in 2002 vir die eerste keer in Afrikaans verskyn, en is uit die Hollands vertaal deur Dr JP Botha. R60
36. Herinneringe van mev De la Rey gebore Greeff – My Omswerwinge en Beproewings gedurende die Oorlog 1899-1902. 100 bls., 8 foto’s. Die vrou van genl. Koos de la Rey, mev Nonnie de la Rey, het die hele Tweede Vryheidsoorlog met haar kinders, deur gevlug. Hulle is nooit gevang nie. In haar interessante en spanningsvolle boek beskryf sy ook die gevangeneming van genl lord Methuen deur die Boere. Die besondere boek is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar. R60
37. Helkampe deur Ewald Steenkamp. Sagteband, kleuromslag. Die boek vertel die smartlike ondervinding van ‘n gesin in Britse konsentrasiekampe. (Helkampe) R80
38. Should We Forget by E Neethling, 88bls. Sagteband. Direk na die Tweede Vryheidsoorlog het Mev Neethling Europa besoek op aanbeveling van genl. Louis Botha. Sy het die Europese bevolking ingelig oor wat in die konsentrasiekampe plaasgevind het, en om hulp gevra vir die oorlewendes. Op hierdie staduim het Dr Andrew Murray op die toneel verskyn en haar aangeraai om die kampverhale op skrif te stel en n boek te publiseer. Die boek het reeds in 1902 verskyn. Met die lees van die boek kom die leser soms onder die indruk dat die gebeurtenisse net onlangs plaasgevind het. Dit was die eerste konsentrasiekampverhaal wat gepubliseer is, en dit in Engels. R70
39. Die Kappiekommando - Boerevroue in Geheime Diens (in diens van die Boerekommando’s tydens die Tweede Vryheidsoorlog) deur Johanna Brandt, 260 bls., hardeband met glansomslag, 1999 uitgawe. R110
40. Met die Boere in die Veld deur Sarah Raal, 118 bls. Sagteband met kleuromslag. Sarah Raal het saam met haar broers op kommando gegaan, ʼn vrou wat haar man kon staan. R60
41. Onthou - In die Skaduwee van die Galg. 185 bls. Die konsentrasiekampverhaal van Hendrina Rabie van der Merwe. Omdat sy so dikwels uit die konsentrasiekampe ontsnap het is sy later in verskeie tronke aangehou. R85
42. Nooit Gevang nie, Die ware verhaal van ‘n Vrouevluglaer op die Vrystaatse vlaktes wat nooit gevang is nie deur Danie Stegman. R50
43. Stemme uit die Vrouekampe, versamel deur M. Postma, 174 bls.‘n Reeks beëdigde verklarings van vrouens se ondervindings in die Britse konsentrasiekampe. Sluit nou ook die wedervaringe in van Genl’s de Wet en Hertzog se vrouens. R85
44. Mag Ons Vergeet? deur E Neethling. 197 bls. Mev Neethling wat self in ʼn konsentrasiekamp was het na die oorlog op versoek van genl. Louis Botha na Europa gereis waar sy vergaderings moes toespreek en inlig aangaande die lyding van die vrouens en kinders in die Britse konsentrasiekampe. Later het sy ook vertellinge van ander vrouens ingesamel en gepubliseer. R85
45. Die Doornbultkonsentrasiekamp by Oranjerivierstasie deur Rina Wiid, 182 bls. 15 kleurfotos, 65 s/w fotos, 20 faksimiliee afdrukke van dokumente en briewe. In 1995 koop Lemmer Wiid die plaas Doornbult digby Hopetown. Hy ontdek die konsentrasiekampterrein wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog op Doornbult was, ondermeer klipgepakte tentvloere en oorblyfsels van ʼn wye verskeidenheid gebruiksartikels. Rina Wiid het nakomelinge van die ingesetenis van die kamp opgespoor wat haar voorsien het van briewe, fotos, dagboeke en ander dokumente uit daardie tyd. Hierdeur, sowel as deur onderhoude en opleeswerk van ander temaverwante werke het sy daarin geslaag om ʼn interessante nuwe konsentrasiekampboek saam te stel en inlgting te onsluit wat andersins in die vergetelheid sou verdwyn het. R170
46. Uit die Donker Woud. Die Konsentrasiekampverhaal van Ouma G.E. Bezuidenhoud, 138 bls. asook die skryfster se ontmoeting met Emily Hobhouse en ‘n slothoofstuk oor die 1914-Rebellie. R70
47. Die Konsentrasiekampe deur JC Otto, 213 bls. Sagteband, 2005 uitgawe. Met die skryf van hierdie boek in die vyftigerjare is die eerste poging aangewend om die konsentrasiekampe van die Tweede Vryheidsoorlog uit ʼn wetenskaplike hoek te behandel. Die boek is verdeel in twaalf hoofstukke. Otto haal gedurig voorbeelde uit die praktyk aan om sy stellings en argumente te staaf. Hierdie boek word baie sterk aanbeveel by persone wat meer oor die wel en weë van die kosentrasiekamplewe wil lees. R140
48. Tant Miem Fischer se Kampdagboek Mei 1901-Augustus 1902, 152 bls, hardeband met glansomslag. R80
49. In die Konsentrasiekamp – Jeugherinneringe van Danie van Zyl. 55 bls. Voorwoord geskryf deur CR Swart. [latere staatspresident] Van Zyl vertel hoe sy moeder en haar gesin deur die Britte weggevoer is na die konsentrasiekamp op Bloemfontein. Hy vertel wat hulle alles in die kamp moes deurmaak. Die eerste aand in die konsentrasiekamp het ʼn donderstorm losgebars wat die tente omgewaai het. In die weerligstrale het die jong Danie gesien hoe moeders hul hande in die lug gooi en huil en bid terwyl kinders huilend in die modder en reën rondkruip. Hy was oortuig dat die oordeelsdag aangebreek het. Hierdie boek is sterk aanbeveel deur CR Swart. [staatspresident] R45
50. Drie Onafhanklike Kampverhale deur Susarah Nel, Gys van Rooyen en JG Kirchner, 60 bls. sagteband met n voorblad skets uit die dagboek van N De Wilde. Boekie is saamgestel deur Roelf Odendaal. R30
51. Vreeslose Drienie–Die Lewe van
Hendrina Joubert deur Celestine Pretorius, 106 bls.,
35 X 40 cm. Hardeband met glansomslag. Ongeveer 200 fotos en prente. Die boek
is sowel ʼn fotobiografie en ʼn outobiografie wat handel oor
die eggenote van die Kommandant genl. van die ZAR, Piet Joubert. Sy is op 27
Oktober 1830 digby Richmond in die Kaap gebore. Sy het as jongmeisie die
Groot trek meegemaak en het verskeie aanvalle deur swartes oorleef, ondermeer
by Vegkop. Daar word berig hoe sy die jong Piet Joubert ontmoet het en oor
hul getroude lewe. In teenslling met die meeste vroue van haar tyd, het
Drienie aktief in haar man se loopbaan en militere operasies belanggestel en
het hom op die meeste van sy militere togte wat hy uit die aard van sy pligte
as kommandant-generaal moes uitvoer, vergesel. Die beroemste insident was by
Majuba toe sy die Engelse op die berg gesien het en alarm gemaak het.
Oor haar belangrikke rol in die 1915 vroueoptog na die Uniegebou om te pleit
vir die vrylating van die rebelleleiers van die 1914-15 rebellie, word op
dramatiese wyse bespreek. Prys R250
52. Robey Leibbrandt Vertel Alles in Geen Genade 215 bls. Robey vertel van sy kinderdae en kinderkattekwaad, sy opleiding by die Polisie Kollege in Pretoria in die dertigerjare, sy deelname aan die Olimpiese Spele in Berlyn in 1936, sy opleiding in die Duitse leer as valskermsoldaat, sy koms na Suid Afrika met ʼn seilboot gedurende die oorlog en sy pogings om die Smutsregering tot ʼn val te bring. R90
53. Die Burgemeester van Sannaspos. Die boek is die oorlogsoutobiografie van N J van der Merwe. In 1900 was NJ van der Merwe op 11 jarige ouderdom die oudste manlike persoon op Sannaspos, en is hy straks as Burgemeester benoem. Later het Sannaspos se mense in die Norvalspont-konsentrasiekamp beland (N J van der Merwe was ook die eerste hoofleier en stigterslid van die Voortrekkerbeweging en skoonseun van Pres. Steyn) R85
54. Die Gedenkskrifte van Paul Kruger – Sy herinneringe soos meegedeel aan HC Bredell en Piet Grobler. Die boek kan beskou word as president Paul Kruger se outobiografie. 258 bls. R120
55. Die Lewe van Paul Kruger deur Ds JF Viljoen, 102 bls, sagteband met kleuromslag R60
56. Paul Kruger - Christen-Volksman-Staatsman deur Dr F Postma, 164 bls, sagteband met kleuromslag. R75
57. Kruger in Lourenco Marques deur Prof. OJO Ferreir [Die boek het ook in Engels verskyn met dieselfde titel], A5, sagteband, 114 bls, 38 fotos en prente. In die unieke boek word ʼn klem gelê op die tydperk van 11 September 1900 tot 20 Oktober 1900 in Paul Kruger se lewe. Op 11 September hy hy die ZAR gebied verlaat en met die trein na Lourenco Marques gereis. In LM is hy as gas van die goewerneur goed behandel en opgepas. Op die 20ste Oktober 1900 het hy Lourenco Marques met die Hollandse oorlogskip “Die Gelderland” verlaat en na Europa gereis. Paul Kruger is in opdrag van die ZAR regering na Europa gestuur om moontlike oorlogshulp vir die Boere te probeer beding. R70
58. Paul Kruger se Laaste Jare deur Prof Paul Zietsman. 50 fotos o.m. ‘n foto van Paul Kruger wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Prof Zietsman is ‘n historikus en ‘n deskundige op die laaste staatpresident van die ZAR. Die boek handel oor die jare 1900 tot 1904 in Paul Kruger se lewe. Die boek is die mees omvattende boek wat gepubliseer is oor hierdie tydperk van sy lewe. Dit beskryf ondermeer die duisende mense wat hom in verskeie Europese lande op spoorwegstasies en in hawens ingewag het om hom ‘n heldeontvangs te gee. Nog nooit tevore of daarna het ‘n persoon van Suid Afrika sulke ontvangstes aanskou nie. Die boek sluit af met Paul Kruger se begrafnis in Pretoria op 16. Desember 1904. R190
59. Hans Dons de Lange – Bobaasverkenner van die Voortrekkers deur Buks du Plessis. 260 bls. Sagteband met kleuromslag. Hierdie is die mees omvattende biografie wat nog oor hierdie beroemde Voortrekker verskyn het. R100
60. Paul – Die lewe van Paulus Jacobus du Plessis – Pionier van Swaërshoek deur Buks du Plessis, ʼn onbekende maar begaafde skrywer. 283 bls. In 1798 het Paul met sy ouers van Tulbagh distrik na die Nuweveld Berge en Kamdebo getrek tot by Swaershoek in die distrik Somerset – Oos. Hy word heemraad en veldkornet. Paul het ʼn uiters avontuurlike lewe in n tydperk waaroor bittermin oor ons geskiedenis bekend is. Prys R120
61. Marthinus Theunis
Steyn–regsman,staatsman en volksman deur MCE van Schoor, A5, Sagteband met kleuromslag,
448 bls, 50 fotos. Volgens tydgenote het pres. Steyn ʼn besonderse
optimistiese lewensuitkyk gehad. Dit is te betwyfel of hy sonder hierdie
eienskap die uitstaande staatsman en volksman sou geword het om as voorbeeld
te dien vir die nageslagte. Net soos in Steyn se tyd, leef vandag se
Afrikaner weer in ʼn tyd waarin ʼn optimistiese lewensbeskouing hom
oor allerlei hindernisse moet en kan dra. Hierin lê die waarde van die
boek. Dit handel oor ware gebeurtenisse in ons geskiedenis. Dit handel oor ʼn
man se wil van staal om sy volk te lei en sy volk se eer en selfrespek te te
red en te bewaar. Die lewensverhaal van pres. Steyn is ineengestrengel
met die groot histories gebeurtenisse en persoonlikhede van sy tyd, vriend en
vyand. Die leser van hierdie biografie leer dus baie oor die geskiedenis
asook oor ander persoonlikhede met wie pres. Steyn in aanraking gekom het.
Pres Steyn en genl. De Wet het so n doring in die vlees van die Britte geword
dat die Britse opperbevel tot die slotsom gekom het dat as albei hierdie
manne, of selfs net een van hulle gevang kan word, die Tweede Vryheidsoorlog
tot n einde sou kom. Daarom het lord Kitchener en die Britse opperbevel
besluit om “drives” te hou. ʼn Drive is wanneer
ongeveer 50 000 Britse soldate ʼn reuse menslikke kring om
die twee manne en hulle kommandos trek. Oor ʼn tydperk van etlike dae
word die kring al nouer getrek, totdat Steyn en De Wet in die net
vasgetrek is, natuurlik heeltemal teoreties.
Die boek is verdeel in 21 hoofstukke. Dit handel oor Steyn se geboorte en sy
kinderjare, sy lewe as ʼn plaasboer, sy regsstudies in Nederland en
Engeland, en sy regsloopbaan in die Vrystaat. Sy verkiesing tot president in
1896, Steyn as krygsowerste en president te velde tydens die oorlog, die
vredessluiting en sy lewe in Europa tot 1905. Verdere hoofstukke handel
oor sy terugkeer na Suid Afrika en sy doen en late tot 1916 met sy
afsterwe. Prys R200 plus R30 posgeld=R230
62. Maar Doodkry is Min deur Willem Naude, 206 bls. Sagteband. Willem Naude, ʼn inwoner van Vrede het jare spandeer om die geskiedenis van sy omgewing na te vors en op te teken. Die boek bevat n kultuurhistoriese verslag van die verloop van die Anglo-Boereoorlog 1899-1902. Gebeure, hoofsaaklik in die Noordoos-Vrystaat word toegelig deur die bekendstelling van tot dusver onbekende dagboeke, dokumente, foto’s en vertellings van algemene belang. Behalwe interessante vertellings bevat die boek talle fotos en afdrukke van oorspronlike dokumente, handgetekende kaarte, amtelike dokumente, naamlyste ens. R100
63. Die Long Tomkanonne deur DC Grobler, 28 bls. 14 fotos, 5
sketse. In die boek “The Great
Boer War” deur Conan Doyle skryf hy: “Laat dit op rekord gestel
word, dat ons vyand, die Boere, beter op hoogte is van moderne ontwikkeling
as onsself; hulle kan ons nie alleen die grootste bom wat nog ooit gebruik
is, toon nie, maar ook die kleinste”.
Doyle het spesifiek ook die 4 Franse Long Tomkanonne ingedagte gehad toe hy
hierdie vleiende opmerking oor die Boere gemaak het . R30
64. Derdepoort-Skandvlek op die Engelse Militere Geskiedenis deur JP Botha, 84 bls. Derdepoort is gelee digby Rustenburg aan die Maricorivier. Op die oggend van 25 November 1899 is die vrouens, kinders en ander inwoners deur ʼn swart huurmag onder bevel van Britse offisiere aangeval. 45 mans, vrouens en kinders het gesterf. Die boek bevat ook inligting oor die aktiwiteite van Boerekommandos op die noordelike en noordwestelike grense van die ZAR wat selde in ander boeke voorkom. R60
65. Christiaan Rudolph de Wet Krygsman en Volksman deur MCE van Schoor, 325 bls, 40 fotos, slapband met glansomslag. Hierdie boek wat onlangs [Julie 2007] vir die eerste keer gepubliseer is, is die mees omvattende biografie wat nog oor De Wet verskyn het. Ongeveer ʼn derde van die inligting in die boek kom uit argiewe en was waarskynlik nog nooit voorheen gepubliseer nie. Twee derdes van die boek handel oor De Wet se lewe voor en na die Tweede Vryheidsoorlog. Rigtinggewend vir ons tyd. Prys R200
66. The Great Boer War by Arthur Conan Doyle, 770 bls. 50 fotos. Heruitgawe in 2005 van die 1902 uitgawe. Slapband met kleuromslag. Formaat: 24X17 cm. Doyle het die boek gedurende die oorlog geskryf en het die 1902 uitgawe afgesluit na afloop van die oorlog. Doyle skryf bv [In Engels] “Een van die retirerende Boere....draai hom in sy saal om en plaas sy uitgestrekte vingers spottend teen sy neus. Hy stel hom sodoende bloot aan die vuur van n halwe bataljon, maar hy weet miskien dat, met ons huidige geweerinstruksie, die vuur van halwe bataljon op een individu, nie ernstig opgeneem hoef te word nie”. R300
67. Viva Os Boers – Boeregeinterneerdes in Portugal tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 deur OJO Ferreira. 306 bls, hardeband, 8 hoofstukke, 90 fotos R220
68. The Boer Fight For Freedom deur Michael Davitt, 586 bls. Hardeband, kunsleer omslag met goue letters. Davitt was ʼn Ier wat hom 1899 na Suid Afrika gehaas om die Boere te kom help. As bekwame offisier het hy die hele oorlog deurgeveg en wêreld beroemdheid vewerf. R350 [Afleweringstydperk is drie weke]
69. Die Kaapse Rebelle van die Hantam Karoo tydens Die Anglo-Boereoorlog deur Eben Nel, A4 formaat, 710 bls. Ongeveer 100 s/w en kleurfotos, kaarte en dokumente. Hardeband met glansomslag. Met die tweede inval in die Kaapkolonie deur die Republikeinse magte onder leiding van n briljante offisierskorps, is daar n beroep op die koloniale Afrikaners gedoen om by hulle aan te sluit. Die rebelle van die Hantam Karoo het nie op hulle laat wag nie. Willem Steenkamp, die bekende skrywer skryf dat hierdie boek die oorlogs- bedrywighede in die Hantam Karoo vir die eerste keer in detail aanspreek. Verder skryf hy: “Hierdie boek sal ook terloops n bietjie koue water in die gesig wees vir die Vrystaters en Transvalers wat al die jare geglo het dat net hulle geveg het, en dat die Kaaplanders papbroekig op hulle hande gesit het. Dat die boek op plekke opspraak sal verwek, is nie te betwyfel nie.” Genl. CR de Wet het verklaar: “Die Kaapkolonie was vir ons van groot hulp omdat hulle die vyand genoodsaak het om 50 000 duisend troepe uit die republieke te onttrek.” R370+R40 posgeld =R410
70. Komdt. Danie Theron - Baasverkenner van die Tweede Vryheidsoorlog deur JH Breytenbach,232 bls.Die boek het in 1950 vir die eerste keer die lig gesien en is in 2002 heruitgegee. Danie Theron se krygslis en dapperheid het so legendaries geword dat in die latere RSA die Danie Theron Krygskool na hom vernoem is. R120
71. Die Oorlogsherinneringe van Genl. Chris Muller 144 bls. Genl. Chris Muller, ʼn baie bekwame generaal, het genl. Ben Viljoen in Oos-Transvaal opgevolg as Boereaanvoerder na Viljoen se gevangeneming in Januarie 1902. R75
72. Slegtkamp van Spionkop deur Dirk Mostert, 312 bls. Sagteband, direkte afdruk van oorspronklike. Henry Slegtkamp was ʼn Hollander wat sy gewig aan die begin van Die Tweede Vryheidsoorlog ten volle by die Boere ingegooi het. Hy was so ʼn goeie vegter dat sy naam in ʼn kort tyd wereldbekend geword het. R120
73. Die Vyf Swemmers deur prof Johan Barnard. 275 bls. 33 fotos, hardeband met glansomslag. Hierdie boek berig oor ʼn ware ontsnappingverhaal uit die Tweede Vryheidsoorlog. Die vyf Boere is in die Vrystaat deur die Engelse krygsgevangene geneem. Nadat hulle in Ceylon aangekom het, slaag hulle daarin om te ontsnap. Hulle word in Rusland en verskeie Europese lande soos helde ontvang. Later keer hulle deur Duitswes terug na Suid Afrika, sluit by genl. Manie Maritz se kommando aan en veg weer teen die Britte R200
74. Vir Vryheid en vir Reg deur Genl. JCG Kemp, 467 bls. Kemp tel onder die 10 bekendste Boeregeneraals van die Tweede Vryheidsoorlog,. 29 hoofstukke. Hierdie boek bevat Kemp se Tweede Vryheidsoorlog oorlogsoutobiografie. Sy kommando het veral in Wes Transvaal geoppereer. Sagteband, R170
75. Christiaan Rudolph De Wet 136 bls. Die boek bevat meer as 200 staaltjies uit die lewe van die legendariese Boeregeneraal R70
76. Lewe die Majoor Deur EP Theron. Die boek handel oor majoor Albrecht, hoof van die Vrystaatse artillerie tydens die Tweede Vryheidsoorlog. 170 bladsye. R75
77. Boerespion-Fritz Joubert Duquesne - Geen Vergifnis vir Kitchener deur Hans Strydom. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is hy gevang. Hy ontsnap egter en keer na Suid Afrika terug as ʼn offisier in die Britse leer. Toe hy die verwoesting aanskou wat die Britte in die Republieke aangerig het, het hy ʼn patologiese haat teenoor die Britse bevelhebber, lord Kitchener ontwikkel, en besluit om hom om die lewe te bring, waarin hy uiteindelik ook in geslaag het, volgens skrywers, in 1916 gedurende die Eerste Wêreldoorlog. Gedurende die Wêreldoorloë het hy vir Duitsland in Amerika gespioneer. ʼn Amerikaanse spionasie deskundige het Duquesne se aktiwiteite tydens die Tweede Wêreldoorlog opgesom as “The old Boer was simply the best.” R70
78. To The Bitter End-A Photographic History of the Boer War 1899-1902 deur Emanoel Lee, 226 bls, 170 fotos, talle kaarte, hardeband met kleuromslag. In die boek word onderwerpe behandel wat nie in ander boeke oor die oorlog aangetref word nie. Deur middel die skaars en soms skokkende foto’s gee hierdie boek aan die leser ʼn goeie idee hoe die gewone burger, soldaat vrou en kind die oorlog in sy verskillende fasette beleef het. R170
79. Uit die Dagboek van ʼn Wildeboer deur PS Lombard, 176 bls. Lombard was ʼn staande mag heliografis en het tydens die Tweede Vryheidsoorlog belangrikke dienste aan die Boere- generaals gelewer. Hy was ook betrokke by spionasie en allerlei spannende avonture. R75
80. Op Kommando onder Kommandant Buys Deur JG van der Heever.158 bls. In ʼn lewendige verteltrant berig die skrywer oor sy aandeel aan groot gevegte, treinontsporings en gewone kattekwaad van penkoppe. Kmdt. Buys se kommando het in Oos – Transvaal geoppereer. R75
81. Veg en Vlug van Beyers en Kemp deur J.F. Naudé, vertaal deur Hymne Weiss in opdrag van die skrywer. Naude was veldpredikant en het ook as sekretaris vir genl’s Beyers en Kemp tydens die oorlog opgetree. Hierdie boek is ʼn belangrikke naslaanbron vir gebeure in Wes Transvaal tydens en direk na die oorlog. Die nuwe sagteband uitgawe beslaan 333 bls. met 60 foto’s. R140
82. Met die Boerekommando’s deur J.D. Kestell. Kestell was ʼn predikant wat saam met die kommandos getrek het, meestal in Genl. De Wet se Kommando. Die boek kan beskou word as ʼn eerstehandse ooggetuieverslag. 327 bls. Hardeband met glansomslag. R110.
83. Die Militêre Loopbaan van Manie Maritz tot aan die einde van die Anglo-Boereoorlog deur L.M. Fourie. 100 bls. Ses kaarte, sagteband met kleuromslag. R60
84. Op Kommando met Steyn en De Wet. Oorlogsherinneringe van FF Pienaar. 203 bls., met talle foto’s, hardeband en glansomslag. Pienaar was ‘n Boeretelegrafis wat direk onder Genl. de Wet geveg het. Hy beskryf ook hoe genl. Pienaar die Boere, aan die oosgrens van Transvaal, oorreed het om aan die Portugese oor te gee. Hy is ook later gevang en is as krygsgevangene na Portugal gestuur. R120
85. Met Generaal de Wet op Kommando, deur sy seun Izak de Wet. Sagteband met kleur-omslag. ʼn Hoofstuk word ook gewy aan genl. De Wet se vrou se oorlogervarings. R75
86. In die Vuurlinie (Verhale van burgers onder Genl. CR de Wet) deur S. Ign. Mocke. R75
87. Die Leeu van Wes-Transvaal (Genl Koos de la Rey) deur S. Ign. Mocke, 181 bls. Soos in die geval van sy boek In die Vuurlinie, is dit ʼn oogetuie verslag van burgers wat onder genl De la Rey geveg het. R75
88. Lord Methuen uitoorlê deur Genl. Koos de la Rey deur GA van der Walt. Van der Walt behandel in hierdie boekie die veldslae van Tweebos en Ysterspruit in Maart 1902 waaraan hy self deelgeneem het. R20
89. Wichmann se Oorlogsavonture vertel deur HF Wichmann, 72 bls. Een kaart geteken deur die skrywer. Wichmann is in 1872 in Hannover, Duitsland gebore. As twaalf jarige seun het hy saam met sy ouers eers na Natal verhuis en toe na Die Nuwe Republiek wat later by die ZAR ingelyf is. Wichmann was lid van Wyk 2 Kommando Piet Retief wat veral in Suid Transvaal die stryd gevoer het. Wichmann neem deel aan die historiese tweede inval in Natal onder Kommandant Generaal Louis Botha. Wichmann het dagboek gehou waarop hierdie boek gebaseer is. Hy beskryf talle spannende sowel as humoristiese gebeurtenisse. R50
90. Eighteen Months Under General de la Rey by Max Weber. Sagteband, kleuromslag. Weber was ‘n Switserse geoloog wat dagboek gehou het van sy oorlogsavonture. Inligting oor belangrikke gebeurtenisse wat in geen ander lektuur vermeld word nie, word hier in besonderhede weergegee. Weber het die vermoë om die humor in ernstige gebeure raak te sien en dit aan die leser oor te dra. R120
91. Hoe Ek Ontsnap Het, deur J L de Villiers - Die merkwaardige ontsnapping van ‘n Boer, vermom as ʼn Indier, uit Engels-Indië. R50.
92. My Lewe en Strewe deur Genl. Manie Maritz. ʼn Groot deel van die boek bevat Maritz se ondervindinge as polisieman as lid van die ZARP’s, sy deelname aan die gevegte in Natal, sy latere bevordering tot veggeneraal in die Kaapkolonie ens. Maritz wy ook uit oor sy politieke-filosofiese siening. Sagteband met kleuromslag. R120
93. Met Ryperd en Mauser, deur Bittereinder JP Botha van die Rustenburgse kommando. [JP Botha was die vader van die skrywer JP Botha asook die oupa van Pik Botha.] Speel hoofsaaklik in Wes Transvaal af. Sagteband, 108 bls. R75.
94. Joop gaan op Kommando deur M. Jos Venter. As jong seun het Venter geweier om by die huis te sit as sy land deur die vyand bedreig word. ʼn Deel van sy oorlogsloopbaan bring hy onder genl. De la Rey deur. Hy word later gevang en na Bermuda gestuur waar baie humoristiese kattekwaadstreke plaasvind waaronder die uittarting van die kampowerhede. Hy berig ook oor sy vriendskap met Frederick Joubert Duquesne, wat later wêreldberoemdheid verwerf het as meesterspion. R80
95. Die Hensoppers en Joiners deur prof. Albert Grundlingh, 496 bls., hardeband met glansomslag. [ʼn Engelse vertaling van hierdie is ook beskikbaar] Die boek handel oor die Boere wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog na die vyand oorgestap het om teen hul eie mense te veg. Grundlingh skryf: “Die oorlogstydse metamorfose van ʼn Republikeinse burger tot ʼn verraaier in Britse uniform het nie oornag plaasgevind nie. Dit was in die reël ʼn langsame proses wat oor etlike maande gestrek het.” R230 [Op aanvraag ook in Engels beskikbaar]
96. Waar en Trou saamgestel en geskryf deur P.H.S. van Zyl, 16 afsonderlike verhale uit die Tweede Vryheidsoorlog, 118 bls. Sagteband met kleuromslag. R60
97. Kordaatstukke van Boereverkenners tydens die Tweede Vryheidsoorlog. 124 bls. Sagteband met kleuromslag. R60
98. Ons Weerstand sal die
Wêreld Verstom saamgestel deur L.W. Bienedell, 230 bls., 650 aanhalings
verdeel in 20 onderwerpe wat handel oor die Tweede Vryheidsoorlog. Oor
dié boek het Die Burger berig:
“Deurgaans word in hierdie boek van aanhalings uit die werke van
volksleiers, Boeregeneraals, Britse offisiere, dagboeke van stryders,
historici, skrywers en ander gebruik gemaak om inhoud aan die hoofstukke te
gee. Deur die werk sorgvuldig te bestudeer, skakel dit die nodigheid uit om
‘n duisternis ander boeke oor die Anglo-Boereoorlog te gaan oplees om
tot die kern van die saak deur te dring.” R123
99. My Reminiscences of The Anglo-Boer War by General Ben Viljoen, 332 pages, copy of 1903 edition. Hardeband in kunsleer gebind. Ben Viljoen se deelname aan die oorlog het gepaard gegaan met baie avontuur en uitoorlê planne. Deur hierdie ooggetuie verslag kry die leser ʼn goeie idée van hoe die oorlog regtig was. Word meegevoer in die Boere se oorwinnings, lees hoe hulle nederlae verwerk, talle ander avonture word dikwels humoristies aangebied. R170
100. The Anglo-Boer a Chronolgy deur Pieter G Cloete. A4 formaat boek, hardeband met glansomslag, 351 bls. Ryklik voorsien met kaarte fotos en sketse. Die Tweede Vryheidsoorlog het 963 dae geduur. Cloete gee ʼn beskrywing van wat op elke dag van hierdie oorlog plaasgevind het. Die kronologie begin egter reeds op 2 November 1898, dws elf maande voor die oorlog. Uitstekende naslaanbron. Interessante staaltjies en gebeure ingewerk. R250 posgeld ingesluit
101. Kommando - ʼn Boere-Joernaal uit die Engelse Oorlog [nou in Afrikaans] deur Deneys Reitz, met ʼn voorwoord deur genl. Jan Smuts, 232 bls. twee kaarte, slapband. Reitz, die seun van die oudpresident van die Oranje Vrystaat het die oorlog [1899-1902] as sewentienjarige seun binnegegaan. Sederd die boek die eerste keer in 1929 verskyn het, het dit die afgelope 77 jaar ʼn blitsverkoper gebly in die Engelse taal asook in ander tale. Dit is op verskillende kontinente deur verskeie uitgewersmaatskappye gepupliseer. R140
102. Piet Potlood deur Oswald Pirow, 118 bls., Sagteband. Die Kordaatstukke van ʼn penkopbaasspion uit die Tweede Vryheidsoorlog. Die Verhaal speel in Potchefstroom en omgewing af. R75
103. Struggle of the Dutch Republics / Light on Dark South Africa / The War and One Year After [ Drie boeke in een gebind] Eersgenoemde twee pro-Boer publikasies in Engels het onderskeidelik in Holland en Brittanje verskyn gedurende Die Tweede Vryheidsoorlog. Die doel was om die regverdige saak van die Boere en die wederregtelike optrede van Brittanje, soos die skrywers dit sien, onder die Europese en Britse publiek se aandag te bring. Die derde deel het ʼn jaar na die oorlog verskyn en is geskryf deur Kaptein FP Fletcher-Vane. In hierdie boek deur ʼn kaptein van die Lancaster Regiment maak hy Britse oorlogsmisdade bekend en toon hy watter foute die Britte gemaak het. R70
104. Wat ek in Suid-Afrika Gesien het - 1902 deur Ramsay MacDonald, ‘n latere Britse Eerste Minister. Na Die Tweede Vryheidsoorlog het die skrywer in die voormalige republieke rondgereis en berig oor die verwoesting, armoede en ellende veroorsaak deur die Britte, maar kom tot die gevolgtrekking dat die Boere weer sal opstaan. R80
105. ‘n Eeu van Onreg deur genl. Jan Smuts. In hierdie boek behandel Jan Smuts die politieke en militere misdade deur die Britte teen die Boere en Afrikaners gepleeg 1806 tot 1899. R55
106. A Century of Wrong by genl. Jan Smuts [English translation of “ ʼn Eeu van Onreg”.] Hjalmar Reitz wrote about this book: “During the Anglo Boer War the Government of the South African Republic published a book entitled ‘a Century of Wrong’. It was published under the name of my father, [FW Reitz] as State Secretary, but was in fact written by General Smuts, and very well written too. In this book the many enormities of the British Government against the two Republics are very fully and clearly set out” R80
107. Wie is die Skuldiges deur Harm Oost. Die boek handel oor Oost se oorlogsavonture tydens die Tweede Vryheidsoorlog en die Rebellie van 1914-1915. Oost was ook verkose volksraadslid van genl. Hertzog se Nasionale Party wat die 1924 verkiesing gewen het en berig met eerstehandse inligting oor belangrikke politieke gebeurtenisse. Nuwe sagteband uitgawe R140
108. Peace or War in South Africa. deur AMS Methuen, 204 bls. Oorspronklik aan die begin van 1902 gepubliseer. Methuen skryf o.m. “From whatever standpoint we regard this war, it was a blunder and a crime. Its drain of life and treasure, its loss of military prestige, the enormous increase in our debt and in our taxation, the depletion of our army…The memory of two countries swept with fire, of freedom taken from two free nations, of 20 000 women and children slain by our neglect and folly -- these memories must tie our tongues and bind our hands.” R100
109. Terrie, Die Rooibont Hond deur Rhina Wiid, 21 bls. Sagteband. Groot skrif. R40
110. Gawie Gans deur Rhina Wiid 11 bls. Groot skrif. R30
111. Martin en Martie Stokstertmeerkat deur Rhina Wiid , 21 bls. Groot skrif. R30
112. Die Groot Afrikaanse Heldeboek deur prof PW Grobbelaar, 224 bls., hardeband, kleur glansomslag met talle sketse in die boek. Ideale leesstof vir 10 tot 15 jarige tieners. R160
113. Kinder Helde. Die boek het oorspronklik in die veertigerjare verskyn en is geskryf deur G.H.P. De Bruin, Eben Bruwer en dr. J.J.G. Grobbelaar, 9 hfs, 51 bls., sagteband. Ideaal vir 9 tot 11 jarige kinders. R30
114. Child Heroes by Bernhard Lewis and illustrations by Joyce Orderbrown This is more or less the same book as “Kinders van Suid Afrika”, book number 88,. R55
115. Kinders van Suid-Afrika deur CR Swart [staatspresident] 86 bls. - heldedade verrig deur kinders in die Suid-Afrikaanse geskiedenis 1652 - 1902. O.a. Japie Greyling, Rachel de Beer, Voortrekkerkinders ens. R55
116. Verhale uit ons Geskiedenis vir die Kleintjies deur GW Pilkington. 64 bls. Talle sketse. Die boek is ʼn goeie voorlees boek of leesboek vir kinders. Die boek verskaf ʼn voëlvlugoorsig van die SA geskiedenis in storievorm in kindertaal, beginnende by die ontdekking van die Kaap tot by die ontdekking van goud en diamante. R55
117. Lekker Speel – Saamgestel deur ds. M Kruger, 60 bls. Ds. Kruger skryf: “Die doel van hierdie werkie is om voorligting te gee, hoe om te speel om die grootste genot uit die spele te verkry en om ook sommer ʼn hele aantal nuwe speletjies vir julle te bring.” R20
118. Langs die Toelanie – deur JP Botha. Botha slaag uitstekend daarin om die dierelewe langs die Toelanierivier te verpersoonlik soos in die Hobson tradisie. R60.
119. Ou Hendrik se Stories – oorvertel deur JP Botha. Die boek bevat dierestories met die hoofkarakters Wolf en Jakkals. R70
120. Die Trekker se ABC, met rympies deur AE Carinus en tekeninge deur M Meiring. R20
121. Op Trek – Die Daaglikse Lewe tydens die Groot Trek - deur J. Celestine Pretorius, 21 X 30 cm.
Hardeband met glansomslag, 260 bls. Ongeveer 600 s/w en kleurprente. Die
uitgangspunt van hierdie boek is nie geskiedkundige gebeurtenisse nie maar
die uitbeelding van die daaglikse handel en wandel van die Trekkers tydens
die trek. Geskiedkundige gebeurtenisse word slegs vermeld wanneer dit lig op
die lewensomstandighede werp. Die daaglikse lewe op die Trek word weergegee
soos van die Trekkers dit in hulle dagboeke en herinneringskrifte opgeteken
of vertel het.
Die inhoud van die boek is in die volgende temas verdeel: 1. Die Groot Trek
en sy Mense. 2. Die Waens word Gelaai. 3. Op Trek met die
Ossewa. 4. Kos op die Trekpad. 5. Mofvel en Sis [Kleding] . 6. Vaardige
Hande. 7. n Jagtersbestaan. 8. Selfbehoud. 9 Siekte en Dood. 10. In Gods
Hand. 11. Die Kinders Moes Leer. 12. Genoeglike Geleenthede. 13. n Blyplek in
die Veld. ʼn Voordeel van die boek is dat dit nie nodig is om die boek
van voor na agter deur te lees nie. Die leser kan na die tema van
belangsteeling blaai en dit lees. Selfs kinders wat nog nie kan lees nie, put
ure se genot om slegs die pragtige prente te bestudeer, waarvan baie
aksiebelaai is. Prys R250 plus R30
posgeld is R280
122. Ruiters van Slagtersnek deur Albert Coetzee. 195 bls. Die boek handel oor die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795 en die stigting van die eerste Boererepublieke in daardie jaar. Die Britse onderdrukking van die Afrikaners van daardie tyd loop uit op die Slagtersrnek rebellie in 1816 wat indirek tot die Groot Trek gelei het.R80
123. Bloed Sweet en Trane - Die verhaal van die Voortrekkers deur EJG Norval, 480 bls. Hierdie boek is ʼn aksiebelaaide dokumentere saga wat o.m. handel oor die uittog uit die Kaap toe sowat 15000 mense die wildernis bo Britse onderdrukking verkies het. Die werk is ʼn samevatting van 75 argivale boeke wat nie meer vir die algemene publiek toeganklik is nie. Die boek word toegelig met 21 kaarte oor die verskeie trekroetes en skematiese voorstellings van die gevegsterreine, asook 113 foto afdrukke van Trekkers. Die Voortrekkers het ʼn gallery van helde nagelaat wat as inspirasie kan dien vir die volkspad vorentoe. R160
124. Die Epos van Trichardt en Van Rensburg deur Manfred Nathan, 92 bls. Trichardt en Van Rensburg was die heel voorste trekkers van die Voortrekkers. Hulle het deurgange deur berge gesoek, berge met gapende afgronde waar geen blanke ooit tevore was nie. Hulle het kennis gemaak met dryfsand, groot riviere met gevaarlike krokodille en seekoeie, leeus en ander ongediertes. Die hele Van Rensburg Trek is uitgewis deur wilde swartes. R55
125. Na Bloedrivier en Paardekraal deur JA Smith. Die boek het in 1918 vir die eerste keer verskyn en is 2002 deur Dr JP Botha in moderne Afrikaans vertaal. In die boek skryf Smith oor die Groot Trek, Bloedrivier, die stigting van die Republieke en die anneksasies van die verskillende Republieke deur die Britte. Die Boere se verset het gelei tot die gelofte by Paardekraal en die daaropvolgende oorlog en die oorwinning by Majuba. As bylae [39 bls] is toegevoeg “Waar Paaredkraal se Vinger wys” soos uitgegee in 1938 deur “Die Paardekraal-Dingaansfeeskomitee R65
126. African Nights deur Rooinek [Capt. Louis Patrick Bowler] 351 bls. 42 hoofstukke. [Vorige uitgawe 1928, hierdie heruitgawe 2009] Bowler het in 1876 as jong seun in Kaapstad aan wal gegaan. Hy het vir vyf dekades dwars en kruis oor Suid Afrika en ook in ander dele van Afrika gereis en gewerk. Die boek beslaan 42 hoofstukke, elke hoofstuk bevat n afsonderlike avontuurverhaal, meestal deur Bowler self beleef. In die boek word n wye reeks temas gedek wat eie was aan die Ou Afrika wat Bowler leer ken het: slawehandel, kannibalisme, toordery en toordokters, dryfsand en lugspieelings, ongelooflike bygelowe, gevaarlike avonture met wilde diere, ruines van groot stede uit die Bybelse tyd, ondermeer in die Kalahari, plekname in swart tale wat spruit uit middeoosterse tale ens. Hoe n Boesmansiener, Koa, sonder bloedvergieting feitlik n hele Matabele impi laat uitwis het. Prys R200.
127. “Neem Uit Die Verlede – Die Geskiedenis van die Laeveld en Ontstaan van die Krugerwildtuin”. Redakteur Dr. U de V. Pienaar en 13 medewerkers ondermeer prof. JF Eloff en Dr WHJ Punt. 765 bls. Hardeband met flapomslag, ongeveer 800 kleur en swart en wit fotos plus skets - afdrukke uit ou boeke. 20 kaarte in die boek gedruk plus 5 los groot oopvoukaarte agter in dir boek. a. Kaart van Ou Transport en Wapaaie van die Suidelike laeveld en die platorand 1844-1902. b. Kaart van Krugerwildtuin met 256 aanduidings van histories terreine c. Roetes van Ontdekkingsreisegers d. Ou Handelspaaie. Ou Handelsvoetpaaie vanaf die Ooskus. Die boek is gehul in n deftige kartonhouer. Met die deurblaai van die boek kom die leser fotos tee van bekende mense van wie hy al in ander boeke gelees het, maar nog nooit n prent van gesien het nie. R550 posgeld ingesluit.
128. Die Afrikaanse Woning, 127 bls. hardeband met glansomslag. Herdrukke uit “Die Boerevrou” tydskrif. [1919-1931] Die boek behandel nie net die verskillende tipe Boerehuise wat ons voorouers in vorige eeue gebou het nie, maar ook die binnevertrekke en die binne-afwerking van die huise. N Derde afdeling behandel die onderskeie soorte en gebruike van meubels. R150
129. Pelgrimsrus [Afrikaans]deur Wilna Rautenbach, A4, slapbandboek, 50 bls met kleuromslag, 20 volbladsketse in kleur van besienswaardighede, twee gebiedskaarte in antieke styl. Pelgrimsrus in Oos Transvaal is vandag ʼn museumdorp. Dit is een van die baie min museumdorpe in Suid Afrika. In hierdie boek kom 19 kleursketse voor van die belangrikste historiese geboue in die dorp, Die beroemste gebou op die dorp is die Royal Hotel. Vervolgens is daar die Dredzen-winkelmuseum is ʼn bekoorlike voorbeeld van ʼn tipiese algemene handelaar van die periode van wat in elke plattelandse dorp aangetref is. Die winkel is van dak tot vloer vol met elke denkbare handelsware. Verdere geboue is die Eerste Nasionale Bankhuis, Victoria Cottage, Die Royal Hotel Stalle, Die Poskantoor, Die Dorpsaal, Die Metodistekerk, Die Ou Drukkery en nog baie ander. Prys R60
130. Pelgrimsrest – Engels uitgawe. Prys R60
131. Ou Marico-Poskoetse. Runderpes. Jagters. Transportry deur CF Gronum, 254 bls. Sagteband. Uit die vertellinge van CE Gronum kry die leser ʼn seldsame en insiggewende blik op die leefwyse van die negentiende-eeuse Boere in die Maricodistrik. Hierdie boek is ʼn kultuurhistoriese skat uit die tyd voor motors. Dit bevat ook boeiende inligting oor die algemene gebruike en gewoontes in die Maricostreek. R190
132. Herinneringe van Suidwes-Voortrekkers deur PG Visser [eerste uitgawe 1940, hierdie heruitgawe 2008] 20 fotos, 2 kaarte. Talle persoonlike vertellinge van die Suidwes-Voortrekkers is deur die outeur in die boek opgeneem. Die verhale wissel van humoristies, tragies, bloedstollend, [ongelooflike wreedhede] Die hartroerende verhale getuig van dapperheid, deursettingsvermoe en avontuurlus. R80
133. ʼn Boer in Argentinie deur PH Henning, 216 bls. Talle fotos [vorige uitgawe 1940] PH Henning het na die Tweede Vryheidsoorlog saam met sy ouers na Argentinie verhuis. In die dertigerjare het hy as volwasse persoon permanent na Suid Afrika teruggekeer. Henning berig oor die algemene wetteloosheid wat In Argentinie aan die orde van die dag was en dat eerlike burgers dikwels wet in eie hande moes neem om te oorleef teen perdeiewe, veediewe, rowers ens. Hy berig hoe Afrikaners hulself onder moeilike omstandighede opgewerk het. Hy berig oor avonture met wilde diere, hoe skaapboerdery in Argentinie bedryf word in vergelyking met skaapboerdery in die Karoo ens. R100
134. Outydse Sketse en Stories – Uit die ou Reisegers se verhale soos oorvertel GW Eybers. In die voorlaaste eeu en voor dit was dit ʼn profesionele beroep om ʼn reis van ʼn paar jaar te onderneem en om dan ʼn reisverhaal te skryf en ʼn stewige inkomste uit die boek te verdien. In Suid Afrika was daar verskeie sulke reisegers soos o.m. Thunberg, [1743-1828] Sparrman, [1747-1820] Le Vaillant,[1753-1824] Lichtenstein. [1780-1857] Hierdie en ander reisegers vertel in hierdie boek hoe die bevolking [ blank en nieblank ] geleef het, hoe hulle gejag, geplant, getrek en die natuurelemente probeer te bowe kom het. Beskrywings word gegee van berge, riviere en ander natuurverskynsels. R85
135. Die Korannafonteiners - Stories oor Ottosdal en sy mense deur Pieter de Jager. Die skrywer neem die leser terug ver in die verlede, na tye voor die Groot Trek, na tye toe jag ʼn algemene proffesionele beroep was, na tye van pos en transportkoetse en ossewaens, struikrowers, veediewe, skatgrawers, jodesmouse en spoke van weleer. Die wel en wee van baie ryk inwoners en ook mense wat baie arm was. Die boek vertel van oorlogshelde van die Vryheidsoorloe en ander oorloe tussenin. Tye toe wette nie streng toegepas kon word nie en burgers op hulleself aangewese was. Kortom, dit is ʼn fantastiese boek. Dit is nie ʼn boek wat van vooraf deurgelees hoef te word nie. Die leser kan enige plek oopslaan en lees en word onmiddelik geboei. R250 plus R20 posgeld is R270
136 . Ons Volkslewe van Toeka, deur B Spoelstra met ‘n voorwoord van G S Preller, 182 bls (Vorige titel: Ons Volkslewe, het in 1924 verskyn) Die boek beslaan 27 hoofstukke waarin o.m. die volgende behandel word: Hoe die ou Boere hulle plase gekry het en hoe die plase afgebaken is, hoe die kind geleer het, die vierperde wa, die hartbeeshuisie, soutmakery, waterkerse, seepkook, velklere, die medisyne trommel, die ou boere ploeg ens. R85
137. Die Swerwers – Sketse uit die Dorslandtrek deur J Albert Coetzee, 109 bls. R60
138. In die Woeste Weste – Die Lydingsgeskiedenis van die Dorslandtrekkers deur JG Prinsloo en JG Gauché (Geskryf 1932, heruitgawe 2002). R60
139. Jagkonings, Die jagavonture van die Dorslandtrekkers deur J Von Moltke, 392 bls. hardeband met glansomslag. In die dertigerjare van die vorige eeu het Von Moltke in Suidwes en Angola rondgereis en ou grootwildjagters besoek. Deur middel van ʼn assistend wat snelskrif kon doen het hy die grootwildjagters se weergalose jagavonture op skrif gestel. Die jagavonture strek van ongeveer 1830 tot 1910. R200
140. Veldsmanne deur J Von Moltke [opvolg van die boek Jagkonings] Die boek vertel van die groot Afrikanerjagters wat met voorlaaiergewere en swartkruit agterlaaiergewere olifante buffels en leeus aangedurf het en tussendeur oorlog gemaak het en ook op strafekspedisies gegaan het teen struikrowers en soms moes vlug vir die Duitse leër in Duitswes Afrika weens hul onwettige jag in die gebied. R200
141. Langs die Lebombo deur GR von Wielligh. Die boek bevat ware jag en avontuur verhale en speel in Oos Transvaal en Swaziland af tydens die voorlaaste eeu. Die boek is feitlik ʼn outobiografie van von Wielligh se jong lewe. R80
142. Kronieke van Noordelike Transvaal – Die Herinneringe van Senator GG Munnik. Munnik was tydens die ZAR bewind landros in Pietersburg en Smitsdorp en was ʼn huisvriend van Pres Paul Kruger. [Smitsdorp bestaan nie meer nie] R60
143. Boerseuns deur Nic Strydom 116, bls.Boerseuns is ʼn geromantiseerde verhaal wat begin met Andries Pretoruis se tweede aankoms in Natal tot die finale afrekening met Dingaan. In die boek speel Hans Dons de Lange die hoofrol. R55
144. Op die Oosgrens 1806-1814, 114 bls., 1 kaart, deur PL Zietzman (1940). In die voorwoord skryf Zietsman dat baie weinig oor hierdie tydperk in ons geskiedenis te boek gestel is, dus het hy veral van argivale bronne gebruik gemaak. Die boek behandel onder meer die voortdurende strooptogte oor die Oosgrens en die rol van die Engelse, die Boere, die swartes, Hottentotte en Boesmans. Alhoewel die boek op feite berus lees dit soos ‘n spanningsverhaal. R60
145. Gebeurtenisse uit die Grensoorloë van 1834, 1835, 1846, 1850 tot 1853. 109 bls., deur PPJ Coetser Sr. Die boek is oorspronklik in 1889 in die Paarl uitgegee en is in 2002 deur dr JP Botha in Afrikaans vertaal. Die boek bevat talle spannende ware avontuurverhale. R60
[Vorige titel: Gebeurtenisse uit die Kafferoorloë van 1834…..]
146. Kommandant-Generaal Hendrik Potgieter deur dr Karel Potgieter en NH Theunissen, 215 bls. In hierdie boek kom Potgieter se talente as militêre aanvoerder en strateeg, as diplomaat, en as staatkundige leier onweerlegbaar na vore. Potgieter was ʼn man met visie en n toekomsblik. R100
147. Voortrekker-pioniers in Oos-Transvaal deur dr JP Botha. Dr Botha het die rol van die Voortrekkers in Oos-Transvaal deeglik nagevors en die belangrikke rol wat Hendrik Potgieter daarin gespeel het te boek gestel. R70
148. Lotgevalle van die Voortrekkers in Natal 1838-1843 geskryf deur Eric Stockenström in 1925. Sagteband, 50 bls. Hierdie boekie bevat inligting wat nie in ander bekende boeke oor die Voortrekkers voorkom nie. R30
149. Die Voortrekkers deur J.D. Kestell. Kestell het baie Voortrekkers persoonlik geken en die boek is ʼn gedeeltelike ooggetuieverslag. Sagteband met kleuromslag. R65
150. Sarel Cilliers - die vader van Dingaansdag - deur GBA Gerdener, oorspronklik in 1920 verskyn, 134 bls. Sagteband met kleuromslag. R70
151. Die Groot Trek deur Louis Leipoldt. Sagteband met kleuromslag. R55
152. Die Groot Trek in Beeld deur LJ Van Zyl en JH Rabe. 134 bls A4 grote met 528 genommerde prente, hardeband. Hierdie boek is ʼn heruitgawe van 1941 druk en gee die Groot Trek in Strokiesverhaal vorm weer. R150
153. Heksebrousel Wat Ons Eet en Drink deur EJG Norval. 368 bls. Sagteband . Norval behandel die gevare wat die verskillende geurmiddels, kleurmiddels, preserveermiddels en ander middels wat ons voedsel en koeldranke geplaas word vir ons liggaam en siel inhou. Die antwoorde wat verskaf word, dui aan in watter skrikwekkende mate ons as verbruikers daagliks stadig maar seker afgetakel word deur ʼn heksebrousel, wat spesiaal ontwerp is deur wetenskaplikes in betaling van globaliste, om die mens geestelik en fisies te vernietig. R150
154. Die Ontstaan en verspreiding van die Moordvirus deur EJG Norval, 258 bls. Slapband met glanskleuromslag. In hierdie boek word Pondora se kis geopen. Wat verskyn is skrikaanjaënd. Daar word gekyk na die statistieke van VIGS, oordragingsroetes en feite wat van die algemene publiek weerhou word. Die ontstaan van MIV word bespreek aan die hand van huidige teorië wat deur die mediese “establishment” en die media as die waarheid voorgehou word. ʼn Groot vraagteken word oor die huidige teorie geplaas as dit deur sommige wetenskaplikes onder die vergrootglas geplaas word. Die boek dokumenteer ook die bevindings van begaafde andersdenkende wetenskaplikes wat daarop dui dat die verskyning van MIV nie aan die toeval te danke is nie, maar dat MIV in die 1970’s tydens ʼn geheime biologiese wapenprogram in Amerika ontwikkel was. Lees waarom die virus sommige mense nooit kan infekteer nie. MIV is ʼn gesofistikeerde Frankenstein monster, gebore in laborotoria en geprogrammeer om die bevolkingsyfer van die wêreld in lyn te bring met die aarde se kwynende hulpbronne. R120
155. Slagoffers op die Altaar- deur EJG Norval, 382 bls. Sagteband. Hierdie is die derde boek van 'n reeks wat die geheime agenda van massa-uitwissing van die mens ondersoek. Ons kyk na tegnologieë en metodes wat ingespan word om biljoene mense verder af te takel. Omstandigheidsgetuienis word opgeroep wat daarop dui dat die stralingsindustrie (selfone, kompers, kragstasies), nuwe skrikwekkende oorlogswapens van massa-vernietiging, plaagdoderes, giftige afval en sekere farmaseutiese middels geen klein rol speel in die verval van openbare gesondheid nie en dat hierdie items elk 'n rol speel in die beplande massa-uitwissing van biljoene mense. Daar word verduidelik waarom aborsies gewettig word, hoe oorloë aangevuur word deur sekere magte om maksimum sterftes, siektes, vlugteling- en gesondheidskrisisse te skep. En hoe mense soos proefkonyne betrek word. In hierdie boek word gelet op die gevare van inenting, die chemtrail-verskynsel [waar nadelige stowwe in die atmosfeer gespuit word om klimaat te verander] en die talle onetiese eksperimente wat die Amerikaanse en Britse Militere establishment op miljoene niksvermoedende mense in die geheim uitgevoer het, chemiese en biologiese wapens van massa vernietiging asook nuwe middel-bestande siektes wat die laaste dekade of twee op veral arm lande losgelaat word as deel van biologiese wapenprogram om die groot getal mense op aarde uit te dun tot ʼn volhoubare getal. R160
156. Massamoord - Biljoene moet Sterf- deur EJG Norval, 382 bls. Sagteband. In hierdie boek word gelet op die gevare van inenting, die chemtrail-verskynsel [waar nadelige stowwe in die atmosfeer gespuit word om klimaat te verander] en die talle onetiese eksperimente wat die Amerikaanse en Britse Militere establishment op miljoene niksvermoedende mense in die geheim uitgevoer het, chemiese en biologiese wapens van massa vernietiging asook nuwe middel-bestande siektes wat die laaste dekade of twee op veral arm lande losgelaat word as deel van biologiese wapenprogram om die groot getal mense op aarde uit te dun tot ʼn volhoubare getal. R160
157. Die Hof Verdaag deur Kees van Dijkhorst met tekeninge deur Marinus Wiechers, 149 bls. slapband. [Boek geteken deur die skrywer] Hierdie boek is soos ‘n warrelwind wat ‘n kostelike vrag van humorvolle annekdotes van hofsake en hofverrigtinge, lagwekkende grepies uit die verlede asook uit ander lande se regspraktyke, onmoontlike uitsprake en die allersnaakste grapstories vir die leser bring. Die boek bewys dat die regbank en die regswêreld ook propvol menslike drama, intrigue, soms ook groot domheid en baie kere ook vol patos is. Kees van Dijkhorst is een van SA se mees gerekende regsgeleerdes. R140
158. Die Komiek in die Politiek – The Comics of Politics, 150 bls. saamgestel deur Herman Vorster. Vorster het komiese staaltjies versamel wat op politieke vergaderings, gedurende werwingswerk, en in die parlement plaasgevind het. Die verhale strek tot 1980. R75
159. O’ Bring my Trug na die Ou Transvaal deur DF du Toit 205 bls. Die vertellings in hierdie boek praat op baie vlakke: Eerstens met ʼn robuuste, volkeellag. Tog is dit deernisvolle humor uit die plaaswerwe en jagvelde van ʼn tyd wat was. Die karakters is meer as lewensgroot – ʼn mens wil amper se manne van naam, reuse wat hulle dink gedink en hul doen gedoen het. Die doenighede loop breed en vol verskeidenheid, ʼn spieel van ʼn vergange leefwyse wat van die skryfsels n kultuurhistoriese dokument maak. R80
Indien u enige spesifieke boek soek kan ons u help soek. Verskaf die besonderhede van die boek aan ons tesame met u besonderhehe. Ons kontakbesonderhehe is op die voorblad .
| Inhoud van Boekepryslys |
| 1. Geskiedenis, Rooi Jan en algemene boeke |
| 2. Kalahari Mac boeke |
| 3. PJ Schoeman – boeke, heruitgawes, sagteband met glansomslag |
| 4. Die Konsentrasiekampe en die rol van vrouens tydens die Tweede Vryheidsoorlog |
| 5. Paul Kruger en ander Biografieë |
| 6. Die Tweede Vryheidsoorlog |
| 7. Pro Boer geskrifte uit die Tweede Vryheidsoorlog |
| 8. Kinderlektuur |
| 9. Boeke oor die Gebeurtenisse voor dir Groot Trel en die Groot Trek self |
| 10. Kronike oor vergange dae – Jagverhale – Dorslandtrekkers – Streeksgeskiedenis |
| 11. Dr EJG Norval Boeke oor gesondheidsgevare |
| 12. Humor |
Ons
produseer, verkoop boeke |
![]()
PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus
339, Piketberg, 7320
Tel: (022) 913
2353/913 2391 | Faks: (022) 913 1482 | Sel: 082 493
3785
E-pos: strausse@xsinet.co.za